P.G. Du Plessis - Fees Van Die Ongenooides. PDF

  • Book info

    Author
    Title
    eBook formatPaperback, (torrent)En
    PublisherNB Publishers
    File size3 Mb
    GanreHistorical Fiction
    Release date 02.10.2008
    ISBN9780624046875
    Pages count408
    Book rating4.53 (151 votes)
     rate rate rate rate rate
  • Read also

PDF Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto's geneem het. Hy kyk na 'n foto van 'n vrou met 'n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hy die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na 'n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto's die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Tags: download, p.g. du plessis, ebook, pdf, fees van die ongenooides

download P.G. Du Plessis Fees Van Die Ongenooides PDF

Download from mirrors